SARIE KOS

Hup Holland hup !

Dag 1


Ons arriveer in Nederland, en ná sowat ’n uur per motor kom ons aan op die mooiste klein vissersdorpie in die Friesland-streek, Hindeloopen. Jy kan jouself verbeel jy is in ’n fliek. Die span van die huisboot-verhuringsdiens Le Boat (sien bl. 26) verwelkom ons en ná ’n kort les is ons reg om die kanale van Nederland aan te pak op ons Horizon 4-huisboot (letterlik ’n huis op water – 4 slaapkamers, elkeen en suite, en ’n wonderlike kombuis met alles waaraan jy kan dink). Ons slaap die eerste aand in die hawe sodat ons Hindeloopen kan verken, per fiets. Nou straatjies en kliphuise. Die dorp grens aan die Ijsselmeer (wat eens deel van die see was).

In die hawe kry jy vars vis en lekker yskoue bier. Een van die vissers in die hawe, Swanhilde Kieft, fladder soos ’n vlinder tussen die houtbote deur terwyl sy vir ons fluweelkrappe wys en vis wat vroeg gevang is. “Die lewe hier is stadig, niks jaag niemand nie.” Die mense gee om vir die see en besef maar te goed die see se geskenke is hul grootste bate, en daarom pas hulle dit goed op. “Ons vang vis met houtbote en nette, soos in die 1900’s, sonder enige tegnologie of slim, moderne maniere.” Dis by die klein kroeg skuins langs die hawe waar ons vis gaan eet en hierdie anderste aartappels proe: Klein klontjiekapokaartappels wat in netjiese rosette gespuit en dan in warm vet goudbruin gebraai word. Met vars vis kies

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS3 min read
Ons Hou Van
Staan nader, alle kaasliefhebbers. Dié klassieke Chevin-bokmelkkaas is een van die eerste kase wat op die plaas Fairview in die Paarl gemaak is en hul gewildste bokmelkproduk. Die kaas is roomsag en kan gebruik word in enigiets van souttertjies en sl
SARIE KOS2 min read
Hoor Hier …
Botaniste klassifiseer piesangs, komkommers, avokado’s, pampoene en kiwi’s as bessies. Maar nie aarbeie (strawberries), braambessies (blackberries), moerbeie (mulberries) en frambose (raspberries) nie. • Lees ook bl. 48 Foto’s word gereeld op sosial
SARIE KOS5 min read
KOOKKLAS: Pasta Vir Die Wen
● Maak jou eie pastadeeg● Ravioli vir ’n uithang-okkasie● Boerewors-bolognese Sorg dat jou pot groot genoeg is en ook genoeg water bevat om die pasta te kook. Jy het vier dele water teenoor een deel pasta nodig, dan beweeg die pasta makliker in die

Related