Weg!

KLOWE, KUNS EN KOEIE

Op Graskop sien ’n mens hoofsaaklik vier soorte verkeer in die strate: Oorsese toeriste op pad na Harrie’s Pancakes; curio-verkopers wat dié toeriste se aandag probeer trek; oorlaaide houttrokke wat deur die dorp rammel; en koeie.

Ek staan in die Sunlight Art Gallery in Hoofstraat; ’n bees drentel verby. Griet van der Meulen, die galery-eienaar, ook bekend as Griet van Graskop, bars uit van die lag toe die koei stilstaan op die sypaadjie, geraam deur die winkelvenster. Is dit nou lewende kuns?

“Toe ek jonk was, het ek myself belowe ek gaan wegkom uit dié dorpie,” sê Griet laggend. “Maar om eerlik te wees, dit voel amper asof die plek aan my behoort. My oupagrootjie was immers een van die stigters.”

Max Leibnitz het in 1889 uit Duitsland gekom. Hy was ’n ruilhandelaar langs die spoorlyn tussen Pretoria en Delagoabaai (vandag Maputo), en het later ’n hotel en winkel bedryf aan die bokant van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Stap Hier
In die Langeberg buite Swellendam hou die sogenaamde uurkoppe oor die dorp wag. Dié vier prominente kruine – Tienuur-, Elfuur-, Twaalf- en Eenuurkop – reik almal tussen 1 100 m en 1 450 m die lug in. Volgens oorlewering het transportryers wat met vra
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit

Related