Weg!

Kom soek ’n skadukol

Elke jaar – net voor die ysige Siberiese winter – skud die groenpootruiter sy vere reg vir ’n epiese tog na Mtunzini om van die koue te ontsnap. Hier in die Suidelike Halfrond geniet hy dan steeds somer – saam met ’n magdom ander voëls soos die witaasvoël en watertrapper.

Ja-nee, Mtunzini se woud is beslis ’n gewilde vakansiebestemming vir geveerdes. En hoekom nie? Emthunzini beteken immers in Zoeloe “’n plek in die skadu” .

In die stil Umlalazi-natuurreservaat aan die soom van die dorp vergeet jy van die bedryfsgedruis van Richardsbaai se fabrieke. En jy sien gou hoekom die voëls hierheen stroom: Hoë raffiapalmbome, mooi duinewoude en digte manglietwoud al langs die oewer van die Siyayastrandmeer.

Mtunzini is in 1995 tot ’n bewarea verklaar. Van die inwoners beywer hulle al jare lank om die dorp se omgewing te bewaar. Dr. Hugh Chittenden, mederedakteur van die Roberts Bird, is een van dié mense. Hy het ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van KwaZulu-Natal vir sy bydrae tot die voëlkunde, maar het geen akademiese agtergrond nie. Hy het homself opgelei.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg3 min read
SA Deur ’n Lens
Die Suid-Afrikaanse Fotograaf van die Jaar is ’n relatief nuwe kompetisie wat in 2021 op die been gebring is deur die fotograaf William Steel met die doel om ons diverse landskappe, wildlewe en kulture en die breër Afrika-kontinent te vier, en ook om
Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg6 min read
Briewe
Ek het hierdie vier witrenosters vroeg een oggend in die suidelike dele van die Krugerwildtuin teëgekom. Ek het gehou van hoe die son die haartjies op hulle ore vang (die renostervoël maak dit ekstra interessant) en hoe mooi hulle in die sagte lig ly

Related