Weg!

Over berg en dale

Daar is diegene wat sê die Overberg is te woelig as ’n vakansiebestemming, maar het hulle al tot by Malgas gery en met die pont oor die Breërivier gevaar? Het hulle gesien hoe die bottergeel koringlande tussen Baardskeerdersbos en Elim besgee vir die stormagtige kus van Agulhas? Nee, ek dink nie so nie. Natuurlik is daar bedrywige kolle soos Hermanus en die Hemelen-aarde-vallei, maar hou op die grondpaaie (sedanvriendelik, ja!) en leer ken die landskap en sy mense.

Oor dié tien dae reis ry jy deur fynbos- en canolavelde, langs die kus en deur berge. En, die beste van alles, jy’s nooit te ver van ’n goeie koppie koffie of ’n yskoue glas wyn af nie.

DAG 1 Hermanus

Staan vroeg op, skink koffie in ’n termosfles, pak beskuit in ’n trommeltjie en mik vir Clarence-rylaan net anderkant Gordonsbaai. Kruie stadig al langs die hange van die Kogelberg: Proteas en speldekussings aan die een kant en die diepblou see aan die ander. Trek af by een van die inhamme, drink rustig koffie en wag vir ’n walvis of spannetjie dolfyne om verby te kom.

Hou aan met die pad verby Rooiels, Pringlebaai en Kleinmond. Op Hermanus kan jy afsaal by Burgundy vir ’n laatontbyt. Smul aan ’n croissant met roereier (R55) of twee geposjeerde eiers met geelperske-boerewors, hollandaisesous en biltongpoeier (R135) terwyl jy uitkyk oor die ou hawe (dalk kom vanoggend se walvisse nou hier verby).

Drentel deur die dorpie, loer in by Romantiques en Chilli Pepper vir ’n mooi emaljekoffiepotjie, Elvis-plate of ’n ou skoolbankie. Boekwurms kan snuffel vir vondste in Hemingway’s of Quirk & Leopard.

Van Junie tot November is dit walvistyd. Spits jou ore dan vir die roep van Bravo Thembinkosi, walvisroeper. Gearings Point langs die Ou Hawe is die beste plek om walvisse te soek, maar jy kan hulle van enige plek op die kranspaadjie af dophou.

In die somermaande kan julle gaan afkoel op Grottostrand. As julle kleuters het, mik sommer vir die getypoel onder die Marine Hotel.

Dié dorp tussen die berg en see het staproetes vir alle fiksheidsvlakke. Wandelaars kan al langs die kranspaadjie stap – die sementpaadjie (gemerk “Cliff path”) strek 7 km seelangs van die nuwe hawe af tot by Grottostrand. Nog ’n rustige opsie is die 1,2 km lange kontoerpad tot by Hoy se Koppie agter Hermanus Primary. Die Fernkloofnatuurreservaat (toegang is gratis) het ook verskeie staproetes (honde word op van die paadjies toegelaat).

Eet aandete by Bientang’s Cave-restaurant in die ou hawe – die see is so naby jy hoef nie sout op jou kos te gooi nie. Let wel, buite seisoen is Bientang’s net op Vrydag- en Saterdagaande oop. Indien julle nie oor ’n naweek hier is nie, is Rossi’s ’n goeie opsie. Hier is Italiaanse kos en jy kan die plaaslike Old Harbour Beer bestel.

DOEN DÍT

VOËLKYKERS, HOU STIL! Draai af by die Rooisandnatuurreservaatbordjie sowat 3 km anderkant Kleinmond (toegang is gratis). ’n Rolstoelvriendelike plankiespad loop tot by ’n netjiese voëlskuiling wat uitkyk oor die Botrivierstrandmeer – wees ook op die uitkyk vir die wilde perde wat soms hier wei.

LUS VIR WATERPRET? Walker Bay Adventures bied feitlik heeljaar allerlei wateravonture aan, onder meer seekajak saam met walvisse en robbe, en kanovaarte op die Hermanus-strandmeer.

Dit kos vanaf R450 vir

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related