Vrouekeur

Boas Festas!

Ons staan vroegmiddag in die ry op die lughawe om aan boord te gaan toe die Nuwejaarswense van my niggie in Melbourne, Australië, kom. Hul vrolike gesigte met glasies in hul hande, hul lywe bruingebrand van die somervakansie se ure by die see.

Daar is nog nege uur van die jaar vir ons oor, maar hul sjampanjebottels is al leeg. Vir ons is Oujaarsaand op ’n vliegtuig Portugal toe. Ons wou van ons eie oorvol strande met hopeloos te veel mense wegkom en het gehoop dis stiller in die winter in Portugal.

Iewers oor die Afrika-vasteland gee my lyf oor: die skerp sitplekgordel wat uit die effens gehawende vliegtuigsitplek in my heup boor, vervaag soos die slaap my oorval. Die botteltjie Portugese rooiwyn saam met my broodrolletjie het ook tot

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur1 min read
Woordspel 14
Hoeveel woorde van vier (4) of meer letters kan jy uit die gegewe letters saamstel? Elke letter in die rooster mag net een keer in ’n woord voorkom. Elke woord moet die letter in die ingekleurde blokkie bevat en daar moet minstens een woord met nege
Vrouekeur1 min read
PAK DIT in Jou Trollie
Fair Cape Dairies se heerlike nageregreeks word van vars vrugte gemaak en is hormoonvry. Kies uit koejawel, gemengde bessies of gestoofde vrugte met ’n lagie vla en witsjokolademousse, R9,99 elk. www.faircape.com *Pryse onderhewig aan verandering Pho
Vrouekeur3 min read
VRIENDSKAP Se Prys
In die tyd toe besoekers ons dorpie tydens vakansietye oorval het, was al ons gastehuise vol bespreek. Daar was besoekers wat met viertrekke (of selfs peperduur bergfietse) Gamkaskloof toe gery het. Die hoofstraat was sulke tye dan besiger as Sandton

Related