‘Ek kies die lewe’
’n Reuse-konferensiesentrum in Nice, Frankryk, 3 000 internasionale mediese spesialiste in die gehoor, en op die verhoog – een ma wat haar dogter se storie vertel. Die storie van ’n merkwaardige jong vrou wat in haar kort lewe die wêreld laat regop sit het.
Dis ’n oomblik wat Gabi Lowe altyd sal bybly. En toe haar jonger dogter, Kristi, “I Need More Time” sing terwyl beelde van haar sussie, Jenna, wat in Junie 2015 aan pulmonêre hipertensie (PH) oorlede is, op ’n groot skerm agter haar vertoon word, moes Gabi haar bewende hande vasklem en stadiger asemhaal om haar kloppende hart te beteuel.
“Min mense sal begryp watter moed dit van Kristi geverg het om oor ‘meer tyd’ te sing, minder as drie jaar nadat sy haar geliefde sussie verloor het. Nadat ons álmal haar verloor het. ’n Deel van ons wíl wegstap, wíl vergeet, maar ons sal nie. Hierdie wrede siekte het ’n kampvegter nodig. Die pasiënte het stemme nodig.”
Hul gesin kry steeds boodskappe van dokters wat dankie sê omdat Jenna
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days