SARIE

In jou 40’s en ongelukkig in jou beroep?

Sy wip-wip in haar pienk tutu en pirouette soos ’n petite Margot Fonteyn op die verhoog. In die kollig flits die blinkers op haar tiara. Sy lag asof die wêreld aan haar behoort.

Twintig jaar later dans die einste “Margot” rond in die hof. Haar hare is nie meer in ’n bolla nie, wel in ’n sjiek Franse rol, en sy dra ’n stemmige swart snyerspakkie en hofskoene.

Sy lyk heel gelukkig, haar lewe is ver verwyderd van pienk tutu’s en tiaras.

Baie mense se stories verloop so.

In sy boek U-Turn: What If You Woke Up One Morning and Realized You Were Living the Wrong Life? wys die Kanadees Bruce Grierson met nuwe navorsing die meeste mense weet op tien reeds wat hul talente is en dít beïnvloed hul loopbaankeuse. Maar slegs ’n vyfde verwesenlik hul kindertyd-drome, met sowat 9 uit 10 in dié groep wat sê hulle is gelukkig met hul keuse.

Terwyl sowat 85% van Amerikaners sê hulle vind nie vervulling in hul loopbaan nie.

Is dit dan nou maar dit, of is daar later in jou lewe steeds hoop as jy weet wat die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE4 min read
Dubbel So Lekker
Hier kombineer ons Britse pondkoek met klassieke krummelpoeding. Jy kan ook die koek voorsit met vanieljevla vir ’n ander geur. genoeg vir een 18 cm-broodjie KRUMMELLAAG ■ 50 g (60 ml) strooisuiker■ 70 g (125 ml) koekmeel■ 115 g (125 ml) koue bo
SARIE3 min read
Luuks
Daar is iets bekorends aan die aand wanneer die son sak en die hemelruim met stadsliggies en sterre verlig word. Met Chanel se Rouge Allure Velvet Nuit Blanche-lipstiffie (R1 075) in jou handsak, kan jy glansryk op jou aandafspraak gaan. Waag met ’n
SARIE3 min read
2 Is Beter As 1
Met die onlangse filmtoekenningsaande het wit-en-swart uitrustings die rooi tapyt oorheers en ons dink veral aan Carey Mulligan se rok by die Oscars. Dié klassieke kleurkombinasie is ook ’n wenner vir alledaagse uitrustings en veral treffend by ’n 19

Related