MET DIE HELM...
Hanna skuif gemakliker in die witgeverfde leunstoel op die stoep van haar kothuis, lig haar voete en stut hulle teen die koffietafel voor haar. Sy haal haar bril af en sit dit in die brilhuisie langs haar op die wynrooi sitkussing. Sy sit haar boekmerk in en vou East of Eden tydelik toe.
Sy sukkel om te konsentreer, want “aftreeoord” spook in haar gedagtes. Was Ernst se dood nie genoeg nie – al was dit ses jaar gelede. As hy net nie so slim en so mooi was nie. Goeiste tog, hoeveel sielsverskuiwende veranderings moet sy nog baasraak?
Skaam jou, Hanna, sê sy kwaai vir haarself. Jy kan jou seëninge nie tel nie so baie is hulle. Jy is gesond, jy skryf nog, jy kan jouself onderhou en jy is omring deur jou geliefdes. Jou ondankbaarheid skrei ten hemele. Tel jou boek op en lees. Sy grinnik en doen inderdaad wat sy haarself
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days