Rooi Rose

KONING van komedie

Sy kunstenaarstreep het hy maar seker van sy ma, Rita, geërf, vertel Willie Esterhuizen. “My ma is op 86 ’n lyndanskampioen en het onlangs in Blackpool, Engeland aan ’n internasionale lyndanskompetisie deelgeneem en in die platinumafdeling gewen en ’n reuse-beker huis toe gebring. Sy het al daai fênsie kostuums, hoede en stewels vir die dansery en kap dit behoorlik uit op die dansvloer,” vertel hy trots.

Die kreatiewe streep was van kleins af in sy bloed. Waar ander jong outjies brandweermanne of polisiemanne wou word, het Willie se kop van kleins af vermaaklikheidwêreld toe gestaan.

Hy het in die Orban-laerskool in Westdene, ’n klipgooi van die statige SAUK-radiogebou in Auckland Park, skoolgegaan. “Ek het gereeld met blink oë na daardie hoë uitsaaigebou gekyk. Ek wou in graad sewe ’n omroeper word en het toe ’n brief aan die omroeper Pieter de Bruyn geskryf. Hy het teruggeskryf en presies vertel wat ek moet doen om eendag uit te saai. Ek het dit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose1 min read
Natuurlike Sofistikasie
LUCIA PICA SE WENK Beklemtoon die vou en onder die oë sodat jou oë opval en gebruik dan ’n wit oogomlyner net onder die boonste wimpers in die waterlyn van die oog. Wend maskara aan en moenie vergeet om jou wenkbroue in te vul nie. ’n Ligte onderlaag
Rooi Rose2 min read
Aankoudend *?
Is jy een van die mense wat jou Covid-19-stres probeer weg eet? Dit klink ongevoelig, in die lig daarvan dat baie mense nie genoeg het om te eet nie. Maar dit is ’n feit dat almal neig om verkeerd te eet wanneer stres kop uitsteek. Hier is ’n rits pl
Rooi Rose1 min read
Koskas
Meer en meer restaurante en wynplase bied nou klein gourmethappies aan wat perfek by ’n landgoed se wyne pas. Daar moet ’n fyn balans tussen die geure en teksture van die kos én die wyn wees om kos en wyn perfek te laat saamwerk. Creation Wyne in die

Related