Rooi Rose

’N BLIK OP DIE MENSLIKE TOESTAND

Vra jy wat dit is van toneelspel wat hom prikkel, antwoord hy: “Ek hou daarvan om deur my werk die menslike kondisie te ondersoek. Daarom skrik ek ook nie vir donker, komplekse rolle soos dié van Eugène Marais nie. Dit was ’n het maar net ’n grepie daarvan belig.” Die fliek was nie sy eerste kennismaking met Marais nie. Dawid was ook ’n paar jaar gelede by die Markteater te sien in , ’n toneelstuk oor Marais. Ter voorbereiding vir , het hy soveel moontlik oor Marais gelees, en nie net alles wat deur hom geskryf is nie, maar ook óór hom, soos menings en artikels. Hy doen altyd deeglik navorsing vir enige rol. “As ek ’n Jood van Litaue speel, gaan lees ek daaroor.” Vir karakterontleding hou hy ook graag mense dop. “Maar ek observeer versigtig. Mense is fantasties!” “Julle joernaliste vra altyd daardie vraag!” is sy reaksie toe ek vra oor loopbaanhoogtepunte. “Dikwels voel ek dis die ding waaraan ek nou werk. Maar in die teater was daar honderde sulke oomblikke, wat dikwels te doen gehad het met die mense saam met wie jy werk. Mense soos Barney Simon en Reza de Wet en die goed wat ons destyds by die Markteater in Johannesburg gedoen het. En baie van die wonderlike, uitdagende produksies wat ek saam met Marthinus Basson gedoen het. En natuurlik , en . En beslis en ! Dit was sulke wonderlike tekste, heeltemal verweef met die sosio-politieke ontwikkeling van Suid-Afrika en die plek waar Afrikaners hulle in die bestel bevind het. Die meer verligte versus die konserwatiewe. Dit was baie opwindend!” En as jy gedink het die toneelwêreld is ’n venynige elkeenvir-homself wêreld, het Dawid nuus vir jou. “Dis ’n wanopvatting. Daar is geweldige onderlinge respek en ondersteuning. Daar is eintlik maar min van die stereotipiese akteurpersoonlikhede in ons bedryf. Ons werk dikwels teen en om groot struikelblokke, en dit lei tot ’n solidariteit onder akteurs en regisseurs.” Hy was nog nooit ’n dag spyt dat hy toe nie ’n stadsen streeksbeplanner geword het nie, al is sy lewe alles behalwe glansryk. “Die toneelwêreld is veelvlakkig en nooit eentonig nie. Dis onvoorspelbaar en die dinamika verskil van projek tot projek.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose2 min read
Wat Jy Moet Weet
Weet onder watter bedeling jy getroud is. Huwelike in Suid-Afrika word deur die Wet op Huwelikseiendom 88 van 1984 gereguleer. Elke persoon wat wil trou, moet voor die tyd besluit of hulle ’n huweliksvoorwaardekontrak wil opstel. Die wet maak voorsie
Rooi Rose2 min read
OP die RAK
Beet, tamatiesous, rooiwyn … Jy ken daardie nare gevoel as jy op jou gunsteling-kledingstuk mors. Die geheim is om so gou moontlik iets aan die vlek te doen, maar ligloop vir skerp middels wat die materiaal kan beskadig. Personal Touch Fabric Stain R
Rooi Rose1 min read
Gebruik Wat Jy Het!
1 TRUI (R699; S-XL) QUEENSPARK. 2 ENKELSTEWELS (R1 599; 2,5-9) STEVE MADDEN. 3 MISS CASSIDY-ROK (R1 399; 8-18) QUEENSPARK. 4 T-HEMP (R199; XS-XL) MANGO. 5 KNIELENGTE STEWELS (R2 499; 2,5-9) STEVE MADDEN. 6 RE-JEANS (R550; 4-18) WOOLWORTHS. 7 RO

Related