Huisgenoot

DIGITALE DONKER ERA

VERSLAGGEWING kan ’n vreesaanjaende werk wees. Ek het al angswekkende oomblikke saam met bendelede en neo-Nazi’s beleef. Daar is al op my geskiet en ek is gedreig. Maar as wat Tristan Harris my vertel, reg is, is die voorlegging wat hy nou op sy foon speel die vreesaanjaendste ding wat ek nog gesien het. Dit voorspel die einde van die beskawing soos ons dit ken.

Tristan (35), ’n voormalige lid van Google se binnekring, is al beskryf as “die naaste wat Silicon Valley aan ’n gewete kom”. Hy glo ons bevind ons in ’n “onsigbare kulturele klimaatskrisis” wat veroorsaak word deur tegnomaatskappye wat die wêreld se 2,7 miljard foongebruikers as ’n hulpbron beskou wie se aandag hulle kan boei om ’n wins te maak.

Die gevolglike mededinging het ’n rampspoedige newe-effek: “Aandagkapitalisme” maak ons gemener, dommer en minder geneig om iets met ons medemens in gemeen te hê. Ons kan probeer weerstand bied, maar dis geen regverdige stryd nie. Tristan sê wanneer jy ook al Facebook, Instagram of You-Tube oopmaak, skakel jy iets aan wat “ ’n voedoepop-weergawe van jouself in ’n superrekenaar” is.

Dit bestaan uit alles waarop jy al ooit gekliek het, van gehou of na gekyk het. Dis hoe hulle jou gevange hou: Hulle ken jou beter as wat jy jouself ken.

Tristan se gevolgtrekkings is omstrede, maar sy invloed is onmiskenbaar. Hy het al wêreldleiers daaroor ingelig en is ’n vertroueling van party van die magtigste figure in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Breipatrone By Dosyne
Alle breiliefhebbers, hier is Huisgenoot se nuwe Brei-uitgawe. Propvol patrone om hierdie winter af te skop sodat daar iets vir elkeen in die gesin is: truie vir peuters en kleuters, volwassenes en selfs jul geliefde brakkie. Allerlei komberse en kus
Huisgenoot1 min read
Agter Die Skerms
▶ Die reeks is in die noordelike voorstede van Kaapstad verfilm, asook op Stellenbosch en in die Jonkershoek-omgewing. ▶ Die vervaardigers het ’n ou herehuis op ’n kleinhoewe naby Durbanville gehuur om as Oupa en Ouma se huis te dien. Hulle het die p
Huisgenoot2 min read
Kolskoot Vir ’n cowboy
MET daai skrefiesoë wat onder die rand van ’n breërandhoed uitgluur, en ’n pistool sekuur op sy vyande gerig, kon hy enige skurk in hul broek laat … bewe. As speurder kon hy sonder om eens ’n oomblik te aarsel vir die skelm toesnou: “Go ahead, make m

Related