Huisgenoot

DIE BOK EN HAAR ALL BLACK

DIS die perfekte strandweer, met die lug poeierblou, sonder ’n wolkie in sig. Die Februariemiddagson bak ’n heerlike 25 °C, met ’n effense briesie om die groepie bruilofsgaste op die wit sand gemaklik te hou.

Die see, wat liggies op die agtergrond dreun, is vandag ’n belangrike getuie by die troue van een van Suid-Afrika se bekendste surfer chicks.

Maar nou stap die horlosie aan en van die bruid, Roxy Louw (32), ’n bekende model en beroepsbranderplankryer, is nog g’n teken nie.

Haar Nieu-Seelandse bruidegom, die sakeman en voormalige Kiwi-rugbyster Sam Burton (32), wag angstig hier op Skulpiesbaai se strand by Stilbaai aan die Tuinroete.

Hy is van kop tot sy kaalvoettone in spierwit uitgevat, met die Maori-sjaal wat die strooijonker, Lyall Grimmer, reeds om sy skouers gehang het ter voorbereiding vir die seremonie.

Sam staan darem nie alleen voor die mooi tipi-tent uit stokke, geborduurde gaasmateriaal, pampasgras en opgetooi met pastelkleurige lisianthusblomme nie. Sy gevolg is daar ter ondersteuning: Lyall, sy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Babbel Voort Aanlyn!
Twee prettige seisoene van Die Babbelbende is aanlyn op huisgenoot.com te kry. In dié Afrikaanse kinderreeks ondersoek die vriende Bibi, Ben, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd die interessante dinge wat ons wêreld so wild, woelig en wonderlik
Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot3 min read
Skone Slaap
AS ’N skoonheidskrywer en ma van twee is dit nie altyd maklik om tyd in die dag te kry om ’n 20-minuut-gesigmasker of haarbehandeling aan te wend nie. Dis hoekom skoonheidsprodukte wat werk terwyl ek slaap veel aanlokliker is. Ons vel gaan ’n vernuwi

Related