Huisgenoot

Geurige bredies in jou PRUTPOT

t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s

HOENDERTAGINE MET DADELS en OLYWE

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. / GAARMAAK: 4 UUR

◗ 1 x 400 g-blik fyn tamaties
◗ 15 ml (1 e) olyfolie
◗ 1 groot rooi-ui, dun gesny
◗ 2 knoffelhuisies, fyngedruk
◗ 5 ml (1 t) fyn gemmer
◗ 10 ml (2 t) fyn komyn
◗ 10 ml (2 t) paprika
◗ 2,5 ml (½ t) fyn kaneel
◗ sout en peper
◗ 12 medjooldadels
◗ 8 hoenderfilette

VIR VOORSIT

◗ 85 g groot groen olywe
◗ ’n hand vol gekapte koljander
◗ ’n hand vol gekapte platblaarpietersielie
◗ koeskoes

1 Verhit jou prutpot op hoog.

2 Plaas die tamaties, olyfolie, ui, knoffel, gemmer, komyn, paprika en kaneel in die prutpot. Geur goed met sout en peper, en meng. Maak die pot toe met die deksel en kook 2 uur vir die geure om te ontwikkel.

3 Voeg die dadels by en meng deur. Sit weer die deksel op en kook 1 uur.

4 Voeg die hoender by en maak seker dit word heeltemal deur die sous bedek. (Werk vinnig sodat jy nie te veel hitte verloor nie.) Maak die pot toe en kook 1 uur of tot die hoender gaar is.

Roer die olywe, koljander en pietersielie deur, en sit voor

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot1 min read
Restoureer
Dit beteken om iets tot sy oorspronklike toestand te herstel. “Re-” is ’n voorvoegsel wat beteken om iets te herhaal, presies net soos “her-”. En “stauros” kom uit Grieks uit en beteken “paal”. Hoe op dees aarde die twee saam “herstel” beteken, sal n
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related