KERRIERYS met SALM
GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 5 MIN. / RUS: 5 MIN. / GAARMAAK: 20 MIN.
◗ 500 g salmfilette
◗ 1 suurlemoen, in skywe gesny
◗ 15 ml (1 e) olyfolie
◗ 1 ui, fyngekap
◗ 30 ml (2 e) kormakerriepasta
◗ 500 ml (2 k) basmatirys
◗ 1 L (4 k) hoenderaftreksel
◗ 250 ml (1 k) bevrore ertjies, geblansjeer
◗ 80 ml (⅓ k) gekapte pietersielie, plus ekstra vir voorsit
◗ 3 hardgekookte eiers, gekap of in skywe gesny
◗ suurlemoenwiggies (opsioneel)
1 Plaas die salm in ’n diep braaipan en bedek met koue water. Voeg die suurlemoenskywe by. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut 5 min. of tot net gaar. Laat die salm 5 min. in die vloeistof rus. Haal die vis uit, vlok en hou eenkant.
Verhit intussen die olie in ’n groot, diep braaipan oor