Huisgenoot

KERRIES te kies en keur

t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s

LAMSVLEIS-EN-LENSIEKERRIE

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 10 MIN. / GAARMAAK: 1 UUR

◗ 30 ml (2 e) groenteolie
◗ 500 g lamsmaalvleis
◗ 1 ui, fyngekap
◗ 2 knoffelhuisies, fyngedruk
◗ 15 ml (1 e) fyngerasperde gemmer
◗ 60 ml (¼ k) kormakerriepasta
◗ 5 ml (1 t) strooisuiker
◗ 500 ml (2 k) groenteaftreksel
◗ 500 g aartappels, geskil en in 2 cm-blokkies gesny
◗ 1 x 400 g-blik tamatieblokkies
◗ 1 x 400 g-blik lensies, gedreineer en afgespoel
◗ 250 ml (1 k) bevrore ertjies
◗ sout en varsgemaalde swartpeper

VIR VOORSIT

◗ vars koljander
◗ poppadums

Verhit die helfte van die olie in ’n groot, diep braaipan oor hoë hitte. Braai die maalvleis 6-8 min. tot bruin terwyl jy die klonte met ’n houtlepel opbreek. Skep die maalvleis uit en hou eenkant. Verhit die oorblywende olie in dieselfde pan oor hoë hitte. Soteer die ui, knoffel en gemmer 1-2 min. tot sag. Voeg die kerriepasta en suiker by, en braai 1-2

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Hy gaan op 72 deur ’n rowwe tyd weens rugbeserings, sê Leon Schuster. Maar hy maak grappies deur die pyn – en hy gáán nog sy droomfliek maak My prins, ek love jou en bid vir jou. Wees sterk my ou en beweeg, staan op, beweeg. My liewe grapjas, hou net
Huisgenoot6 min read
Tuindoepa
ALLES is in skakerings van groen. Swartgroen struike groei welig in die skadu van die fluoressente geelgroen koorsboom. ’n Groepie unieke blougroen broodbome word deur olyfgroen siergras omsoom. Eenkant groei die skoonma-se-tong. Geharde blaartonge k
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related