Huisgenoot

CARMEN SE GUNSTELINGE

BRUINRYS-EN-QUINOA-SLAAI

GENOEG VIR 4-6 MENSE

BEREIDING: 15 MIN.

GAARMAAK: 40 MIN.

◗ 250 ml (1 k) wilde-of bruinrys
◗ 125 ml (½ k) quinoa, goed afgespoel
◗ sout na smaak
◗ 80 ml (¹⁄₃ k) koljanderpesto (resep regs)
◗ 1 x 400 g-blik kekerertjies, gedreineer
◗ 1 komkommer, gehalveer, ontpit en in klein blokkies gesny
◗ ’n groot hand vol druiwe of 3-4 nektariens, in blokkies gesny
◗ ’n hand vol bloubessies
◗ 1 rooi-ui, geskil en in klein blokkies gesny
gerasperde skil van 1 suur lemoen
◗ ’n hand vol roketblare
◗ geroosterde pampoenpitte en sonneblomsade
◗ vars ment en koljanderblare vir afronding

1 Kook die rys en quinoa in aparte kastrolle met soutwater tot net sag, 40 en 15 min. onderskeidelik. Dreineer en meng.

2 Roer genoeg koljanderpesto deur die rysmengsel om te bedek en laat afkoel.

3 Voeg die kekerertjies, komkommer, vrugte, ui en suurlemoenskil by en meng liggies.

4 Skep op ’n opdienbord en sprinkel die roketblare, pitte, sade, ment en koljanderblare oor.

KOLJANDERPESTO

LEWER 375 ML (1½ K) PESTO

◗ sout en peper na smaak◗ 250 ml (1 k) pampoenpitte◗ 90 g vars koljanderblare◗ 30 g vars ment◗ 5 cm-stuk vars gemmer, geskil◗ 2 knoffelhuisies, geskil◗ 1 rooi brandrissie, ontpit◗ 15 ml (1 e) fyngerasperde suurlemoenskil◗ 15 ml (1 e) suurlemoensap◗ 250 ml (1 k) olyfolie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie

Related