Huisgenoot

Kom tjek ons CHAKALAKA

t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s

RISSIE-&-PITMIELIE-CHAKALAKA

GENOEG VIR 6 MENSE, AS ’N BYKOS BEREIDING: 15 MIN. / GAARMAAK: 25-30 MIN.

Vir hierdie weergawe gebruik ons heel geblikte kersietamaties en gee dit ekstra skop met brandrissievlokkies, rooipeper, gerookte paprika en komyn. Jy kan selfs vars brandrissies van jou keuse pleks van brandrissievlokkies vir hierdie resep gebruik.

◗ 5 ml (1 t) komynsaad
◗ 30 ml (2 e) olie
◗ 2 uie, grofgekap
◗ 2-4 knoffelhuisies, gekap
◗ 5 cm vars gemmer, fyngekap
◗ 1 geel soetrissie, ontpit en in blokkies gesny (opsioneel)
◗ 5-10 ml (1-2 t) droë brandrissievlokkies
◗ 2,5 ml (½ t) rooipeper
◗ 15 ml (1 e) gerookte paprika
◗ 2,5 ml (½ t) droë tiemie (opsioneel)
◗ 100 g tamatiepasta
◗ 125 ml (½ k) hoenderaftreksel
◗ 1 x 410 g-blik kersietamaties
◗ 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
◗ 1 x 410 g-blik pitmielies, gedreineer
◗ 15-20 ml (3-4 t) bruinsuiker
◗ 10 ml (2 t) rooiwynasyn
◗ sout, na smaak

1 Rooster die komynsaad in ’n droë pan tot geurig en liggies begin verkleur. Skep uit en hou eenkant.

2 Verhit die olie in ’n kastrol en braai die uie oor matige hitte tot sag. Voeg die knoffel, gemmer en soetrissie, indien gebruik, by en roerbraai tot geurig.

3 Voeg die brandrissievlokkies, rooipeper, geroosterde komynsaad, paprika en tiemie, indien gebruik, by en roerbraai nog 1 min.

4 Roer die tamatiepasta by en braai tot dit begin verkleur. Giet die aftreksel by en roer goed.

Voeg die kersietamaties en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Van Naïef Tot Kragdrag
DIE modereeks waarvan sy nou amptelik die gesig is, sluit in kantoordrag, oorjasse, rokke en selfs ’n skouersakkie wat na haar vernoem is, die “Monica”. Al dié klere is volgens die vervaardiger ontwerp om die beeld van ’n sterk vrou uit te straal, ee
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
Huisgenoot Sê
POST MALONE EN MORGAN WALLEN Sy gesig vol tatoes kan dalk vir baba bang maak, maar sy rap en sang bekoor. Kyk nou maar hoe dié eksentrieke Amerikaner se duet met die countryster Morgan Wallen die rekords laat spat! “IHadSomeHelp” wasindietweedeweek v

Related