Tuis

Pak dit uit!

ANTIPASTI-PROEBORD

Antipasto is tradisioneel die eerste gang in ’n formele Italiaanse maal, maar antipasti (meervoud) word ook wyd voorgesit as kuierkos. Dit kan so eenvoudig wees soos ’n bakkie olywe, of so rojaal soos dié proebord.

Hier is drie idees:

1 Kouevleis is altyd ’n wenner. Hou die opdiening interessant en maak salami-rosies.

Gebruik ’n sopieglas en vou die eerste salamiskyfie halflyf oor die glas se rand. Laat die volgende skyfie die eerste een effens oorvleuel en voeg nog “blare” by totdat die roos mooi vol is. Keer versigtig uit op die palm van jou hand; herhaal en maak soveel blomme soos jy wil. Gebruik verskillende geure en kleure salami en ander kouevleissoorte.

Jy kan skyfies gerookte ham met ’n koekiedrukker in sirkels sny vir kleuren geurvariasie in jou “blomtuin”.

2 Kies gevulde pasta soos ravioli, tortellini en pansotti met ’n vegetariese vulsel.

Hierdie happies lyk nie net mooi nie, dit gee die bord ook lyf. Kook die pasta in soutwater tot net gaar. Dreineer en spoel dadelik af in koue water. Meng dit dan deur jou gunstelingpesto, skep op die dienbord en versier met ekstra basilieblaartjies. Snye geroosterde ciabatta, broodstokkies en kaasstrooitjies is ook nie te versmaai saam met pesto nie.

3 Marineer is die beste geweer!

’n Skeutjie gegeurde olyfolie, ’n paar druppels balsemiekasynstroop, ’n strooisel gekapte vars kruie en ’n knippie speserye is soms al wat nodig is om ’n vars tamatie, olyf of balletjie kaas se geur na vore te bring. Voor jy jou deli-bestanddele uitpak op jou dienbord, maak seker elke komponent is goed gegeur.

BLOUKAAS-EN-BEETTERRIEN

Aanbieding is alles as dit by dié terrien kom. Werk maar versigtig terwyl jy dié laag-op-laagskepping maak, want beet sal enigiets waaraan dit raak, vinnig pienk kleur.

Genoeg vir 1 mediumgroot broodpan
Voorbereiding: 10 minute

3 gaar bete, dungesny
6 aarbeie, dungesny
200 g romerige bloukaas, gekrummel
125 ml mascarpone
varsgemaalde swartpeper
ment- en basilie-mikroblare

1 Voer ’n broodpan of vorm met kleefplastiek uit. Pak ’n laag beet en aarbeie; laat hulle effens oorvleuel sodat dit ’n soliede basis vorm.

2 Meng die bloukaas en mascarpone en skep die helfte daarvan versigtig op die beet; druk dit vas in ’n egalige laag.

3 Strooi die peper en kruie oor voordat jy nog ’n laag beet en aarbeie byvoeg.

4 Skep die res van die kaas bo-op – smeer dit weer glad – en eindig met ’n laaste laag beet en aarbeie. Om voor te sit, keer die pan om op ’n mooi dienbord en haal die kleefplastiek af. Garneer met ekstra peper en kruie en sit voor met melba-roosterbrood of kraakbeskuitjies.

INGELEGDE RISSIE-OLYWE

Met ’n bottel olywe in die spens het jy altyd ’n peuselhappie in die huis wanneer daar onverwags kuiermense opdaag.

1 Sny vars olywe so gou moontlik nadat dit gepluk is in die lengte tot teen die pit; ’n skalpel se lem werk goed. Laat lê dit vir 18 dae in vars water; vervang die water elke dag.

Laat die olywe in 4 liter op en verkoel. Roer elke dag.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar
Tuis7 min read
Dié Maand In Jou Tuin
Stuur tuininligting en -vrae na tuine@tuis.co.za. Die meeste tuiniers mik na ’n “woud” van blomme op hul werf, maar het jy al ooit oorweeg om ’n koswoud op jou eiendom te skep? Die volgende twee wintermaande is ideaal vir die beplanning en aanplantin
Tuis3 min read
Groen EN AARDS IN DIE BETONOERWOUD
WIE WOON HIER? Wim en JC Steyn en hul tweelingseuns, Luka en Liam (5)WAAR Linden, JohannesburgGROOTTE 423 m² Groen, wit en aards is hoe ons Wim en JC se elegante huis in die Goudstad leer ken het sedert hulle in 2015 hier ingetrek het. Nege jaar, vie

Related