Tuis

MET ’N bietjie byt!

Vinnige jalapeño-piekel

’n Potjie van dié geurige skyfies in die yskas is goud werd as jy vaal kos (enigiets van toebroodjies en burgers tot gebakte hoender) wil opkikker.

Genoeg vir 2 x 250 ml-flesse • Voorbereiding: 20 minute, plus 1 uur pekeltyd • Gaarmaaktyd: 5 minute

• 10 mediumgroot jalapeño’s (sowat 200 g), in skyfies gesny

• 1 lourierblaar per fles
PEKELMENGSEL

• 125 ml appelasyn

• 80 ml witsuiker

• 15 ml suurlemoen- of lemmetjiesap

• 125 ml kookwater

• ’n ruim knypie sout

• 10 ml heel pekelspeserye (gebruik ’n kombinasie van mosterdsaad, koljandersaad, wonderpeperkorrels en gemengde peperkorrels)

1 Pak die rissies en kruieblare in twee warm, gesteriliseerde 250 ml-glasflesse.

2 Meng die asyn, suiker, sap, water en speserye in ’n klein kastrol; roer oor matige hitte totdat die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en kook vir 1 minuut.

3 Giet die warm vloeistof oor die rissies in die voorbereide flesse en verseël dadelik (pasop vir brand!). Daar gaan ’n bietjie pekelvloeistof oorbly – ek maak eerder te veel as te min. Laat nou afkoel tot by kamertemperatuur. Hou in die yskas en gebruik soos nodig.

Wenk Ek hou daarvan om eerder kleiner flesse rissies te maak wat ek vinniger kan opgebruik nadat dit oopgemaak is.

Hoender met tuisgemaakte jalapeño-sous

Dié rissiesous is baksous sowel as bykos. Dis heerlik geurig, eerder as skelwarm – proe

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis3 min read
Groen EN AARDS IN DIE BETONOERWOUD
WIE WOON HIER? Wim en JC Steyn en hul tweelingseuns, Luka en Liam (5)WAAR Linden, JohannesburgGROOTTE 423 m² Groen, wit en aards is hoe ons Wim en JC se elegante huis in die Goudstad leer ken het sedert hulle in 2015 hier ingetrek het. Nege jaar, vie
Tuis4 min read
Trek In En Maak Reg!
WIE WOON HIER? Gill AlldermanWAAR Kommetjie, Wes-KaapGROOTTE 442 m2 Gill se mandjieversameling in die kombuis (oorkant ) en sitkamer (sien ook bl. 67) bring tekstuur in en komplementeer die seegrasmat op die trap na die biblioteek en slaapkamers op
Tuis12 min read
Kerriekos
Hierdie vinnige ete is luuks en maak ’n heerlike bederfmaal. Dit is my weergawe van Fatima Sydow se garnaal-akhni uit haar boek Kaap, Kerrie en Koesisters, geskryf saam met Gadija Sydow Noordien. Op ’n weeksaand vervang ek die seekos met minihoenderf

Related