Tuis

SAAM OM ’N lang tafel

Pasta met suurlemoenen-basiliepesto

Die fotograaf Greg Cox het my bekend gestel aan Pasta Grannies op Youtube, ’n reeks deur regte oumas agter die kospotte. Dié sonskynpesto is geïnspireer deur nonna Maria se wenresep.

Genoeg vir 6 Voorbereiding: 20 minute Gaarmaaktyd: 8 minute

 400g spaghetti
 1 blik (390g) artisjokharte, gedreineer

PESTO

 1 vars suurlemoen
 1 knoffelhuisie
 40g (halwe pakkie) platblaarpietersielie
 10g vars mentblare
 80g (1 pakkie) basilieblare
 100g geroosterde okkerneute, grofgekap
 500ml gerasperde parmesaankaas
 sowat 50ml olyfolie
 sout na smaak

1 Maak die pesto Gebruik ’n groenteskiller en skil die suurlemoen in lang dun repe af met so min moontlik van die bitter wit dele; druk 60ml suurlemoensap uit. Sit die skil saam met die kruie, helfte van die neute en ¾ van die kaas in ’n voedselverwerker. Voeg die olie en suurlemoensap na smaak in ’n dun straaltjie by en verwerk tot ’n stywe pesto. Proe, geur na smaak met sout en hou eenkant. Nonna Maria gebruik die sap en skil van 2 suurlemoene, maar dit was te skerp na my smaak. Oordeel self of jy meer wil byvoeg.

2 Kook die pasta in soutwater tot al dente (gewoonlik 8 minute). Skep so ’n bietjie van die warm pastawater by die pesto en pols weer tot dit glad en loperig genoeg is om die pastalinte te bedek, maar pasop vir waterig!

3 Dreineer die pasta en meng dadelik met die warm pesto. Roer deur en skep in borde. Sny die artisjokharte in kwarte en verdeel dit tussen die pastabakkies saam met die orige parmesaankaas, varsgemaalde swartpeper en neute. ’n Paar vars kruieblaartjies lyk altyd mooi (ons het blou komkommerkruidblommetjies gebruik).

Amandel-en-klapperkoekies

Hierdie smelt-in-die-mond-koekies is glutenvry en perfek ná ete saam met

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis2 min read
SKRYF IN & WEN!
Laat dít jou mantra wees wanneer jy weer ’n huisverbetering beplan. Dit maak mos sin om enige opknap aan te pak met die oog op die toekoms, en watersekerheid bo-aan jou lys. JoJo, die hoofborg van ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie, is Suid-Af
Tuis2 min read
Ons Lesers Sê
Melissa van der Colff van Upington skryf Dankie aan Tuis vir die artikel “Gelukkige sonvangers” (Desember 2022 | Januarie 2023). Kort daarna was dit vir ons geliefde ma, Malinda van der Colff, tyd om ons te groet. Haar tuin was haar lewe en die art
Tuis5 min read
Dis ons 20ste verjaardag!
Anneke Blaise was Tuis|Home se eerste redakteur en het die tydskrif gevestig as die eerste keuse van die land se tuin- en dekorentoesiaste. Toe Anneke in 2014 ná ’n kort siekbed oorlede is, het die huidige redakteur, Wicus Pretorius, oorgeneem. Tuis|

Related