DAARDIE alombekende Wendy-huisies in Suid-Afrikaanse agterplase word vir allerlei dinge ingespan. Soms bied dit blyplek vir mense. Soms bêreplek vir die kinders se fietsies, manlief se houtwerkgereedskap of oortollige huisraad.
Maar vir Lynn Emdin is haar vrolike pienk “She Shed”, soos sy dit noem, haar veilige hawe. Hier, met haar hondekind, Zoë, aan haar voete, bring sy die meeste van haar tyd deur.
Dis haar kantoor waar sy met haar skootrekenaar die administrasie vir die familie se motoronderdele- en ander ondernemings behartig. Maar dis ook die tuiste van haar verstommende versameling van meer as duisend porseleinpoppe.
“Ek is ’n ma van vier seuns,” sê Lynn (59) laggend toe by haar pienk heiligdom in Vereeniging gaan inloer. “Ek