VIR baie jare al verstaan mense hoe belangrik kulturele en historiese voorwerpe is, asook die noodsaaklikheid om dit te bewaar.
Deesdae kan jy digitale beelde en enige inligting oor ’n onderwerp dadelik aanlyn besigtig, sommer op jou foon, iPad of rekenaar.
Maar wat van al die onvervangbare voorwerpe waaroor ons in die geskiedenis leer? Dinge wat dalk die verloop van die geskiedenis verander het, of oorblyfsels van tye voor mense op aarde was?
Hierdie voorwerpe word veilig bewaar in enige van die meer as 95 000 museums oor die wêreld heen.