Brief uit die buiteland
Hoe het jy op dié pad beland?
Dit was ’n lang reis wat tydens my grootwordjare op die plaas begin het. My pa, Pierre (voormalige Stamboek-hoof), boer steeds, maar vroeg op universiteit het ek by sendingwerk betrokke geraak en saam met Shangane in hul nedersettings gebly as deel van ’n uitreikaksie.
Dit is waar ek die groot verskil in die werklikhede van ons wêrelde besef het, veral in hoe ons oor boerdery dink.
Ná my honneursgraad in natuurlewebestuur aan Tukkies, waar ek vee-en-wildkunde gestudeer het, het ek by die wildbedryf as beroepsjagter betrokke geraak. Ek het wildreservate beplan en bestuur.
My MSc-graad het oor grootveevoeding, maar toegepas op wildspesies, gehandel. Ek was een van die eerstes om wildvoeding vir die veevoerbedryf te bestudeer, en dit was reg aan die begin van die groot groei in die wildbedryf.
Ek het konsultasiewerk gedoen vir groot manne, onder andere op pres. Cyril Ramaphosa se plaas wat so baie in die nuus is! Daarna het ek in reservate gewerk, skaars spesies verkoop, wild verskuif en ekologiese bestuursplanne vir reservate opgestel. Dit was opwindende en lekker werk.
Ek het ook in ons nasionale parke gewerk. Dikwels moet jy deur kommunale boerderygebiede ry op pad daarheen. Dink maar aan Bosbokrant op pad na die Krugerwildtuin. Ek het navorsing gedoen oor die laaste 40 bastergemsbokke in die Krugerwildtuin van 2 miljoen hektaar, toe ek besef daar is meer as 2 miljoen mense met hul vee buite die heining. Ek het begin wonder wat werklik relevant is: Die waarde wat ek tot 40 bastergemsbokke toevoeg terwyl daar gesonde bevolkings op ander plekke is, of die miljoene mense wat anderkant die heining sit en nie weiding het nie en probeer oorleef? Dit het my begin pla, ook op ’n geestelike vlak.
Ek was amper klaar met my MSc en het vir my promotor, prof. Eddie Webb, gesê ek wil by kommunale boerdery betrokke raak en oorweeg dit ook om ’n