Dit is asof die wêreld nou eers besef hoe belangrik boere se waarnemings van die natuur vir die hele aarde se biodiversiteitbalans is, en wetenskaplikes druk skaamteloos op die landbousektor se knoppie vir hulp.
Die nasionale verslag oor die status en bestuur van biologiese indringers in Suid-Afrika wat vroeër vanjaar bekend gestel is, laat val die kollig op ’n gebrek aan studies wat die verskillende indringerspesies formeel dokumenteer, asook ewe min inligting oor die presiese finansiële impak van hierdie spesies op Suid-Afrika. Die verslag is gesamentlik opgestel deur die Suid-Afrikaanse Biodiversiteitsinstituut (Sanbi) en die departement van wetenskap en innovasie se sentrum vir uitnemendheid in indringerbiologie.
Deur aktief aan die proses van data-insameling deel te neem, kan boere in Suid-Afrika danksy ’n gratis en eenvoudige selfoontoepassing help