Avontuur Afrika

‘n Ontdekkingsreis soos min

Die plan was eenvoudig. Ek wou ‘n driedelige videoreeks oor die Oos-Kaap en ‘n handvol plekke wat dit so gewild onder diegene wat dit geniet om hierdie pragtige land van ons te verken, maak. Op my lys van moet-besoek plekke was Rhodes, Hogsback, die Dwesa Natuurreservaat en Koffiebaai.

Ons het vroegmiddag van ons huis in Johannesburg vertrek en die pad na Zastron gevat. Die plan was om op die eerste dag so ver as moontlik te vorder sodat ons later meer tyd sou hê om behoorlik te verken en ontspan. Met nabetragting was dit ‘n wyse besluit. Die pad was in ‘n goeie toestand totdat ons die N1-hoofweg verlaat het. Die eerste paar kilometer nadat ons afgedraai was heel goed, maar daarna het die teerpad al hoe slegter geraak.

Uiteraard kon ons nie te vinnig ry nie en ons het eers eers omstreeks 20:00 daardie aand in Zastron aangekom. Ons verblyf vir die nag was by die Vultures Lodge en ons kan dit beslis aanbeveel. Met ons aankoms was ons aangenaam verras om te vind dat die verwarmers en elektriese komberse in ons kamer reeds aangeskakel was. Dit was ‘n groot bederf, veral as ‘n mens in ag neem wat op die res van die reis vir ons voorgelê het!

Zastron na Balloch Cottages

Ons was die volgende oggend vroeg uit die vere en het ons Toyota Fortuner en Bush Lapa-veldsleepwa voorberei vir die dag se rit. Nadat alles opgepak is, het ek besluit om die hommeltuig te vlieg vir ‘n vinnige lugfoto van Zastron en die omliggende area. Die uitsigte was werklik asemrowend en dit het duidelik geword dat ‘n mens maklik ‘n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika6 min read
Europa Op ‘N Ander Manier
In die loop van 35 dae het ons 13 grense oorgesteek en ‘n indrukwekkende 27 523km afgelê (net minder as 6 175km daarvan in ons betroubare, gehuurde kampeerwa). Ons reis het egter nie oor die afstand gegaan nie, maar oor die herinneringe wat gemaak is
Avontuur Afrika3 min read
Vyf Veldry-roetes Om Jou Vyfdeur Te Toets
Hierdie gewilde 4x4-speelgrond, sowat 100km noord van Pretoria, bied ‘n 80km-lange roete, wat enigiets van 10 ure tot twee dae sal neem om te voltooi. ‘n Laestrek-ratkas en goeie grondvryhoogte is egter ‘n voorvereiste en bestuurders moet deur ‘n gid
Avontuur Afrika3 min read
Liefde Is…
VOERTUIG: 2022 Suzuki Jimny 1.5 GLX MT EIENAARS: Chelsea & Jonathan Groome Toe CHELSEA en JONATHAN GROOME die Suzuki Jimny die eerste keer gesien het, kon hulle nie anders as om halsoorkop verlief te raak nie. Hulle het sommer dadelik geweet dat dié

Related Books & Audiobooks