Weg! Platteland

Ken jy vir Kambro?

Is daar enige ander paaie op aarde waarop daar so gereeld ’n padstal opduik soos dié van ons land? Dit kan nie eintlik anders nie, want padstalle is deel van ons kultuur en geskiedenis. Sedert Jan van Riebeeck in 1652 die eerste padstal hier begin het, is dié soort aftrekplekke baie gewild. Nie almal bly lank oop of raak ewe bekend nie, maar ná 31 jaar ken mense die Kambro-padstal al beter as die dorpie daar naby. Wanneer die Strauss-gesin gevra word van waar hulle is, sê hulle eerder “Kambro” as “Britstown in die Bo-Karoo”.

“Soms voel dit nog vir my vreemd dat so baie mense presies weet waar in die wye Karoo ons bly,” sê Wilma Strauss, wat die besigheid begin het en wie se gesig jy sou leer ken as jy al hier gestop het.

Wilma se blyplek is lankal nie meer ’n gewone plaaswerf nie. Hier gaan die dae nie sommer stil verby nie. Mense kom en gaan die hele tyd, en baie slaap oor omdat Kambro ’n goeie halfpadstop is langs die N12 tussen die Kaap en Gauteng. Die einste pad wat eers vir Wilma ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Kom Ons Gaan Kyk… En Leer
Min of meer reg in die middel van die land, daar waar die Oranjerivier breed en gespierd deur die dorre Noord-Kaapse Karoo sny, lê ’n dorp met ’n eienaardige lot: Die meeste Suid-Afrikaners was óf nog nie daar nie óf stel nie in die minste belang om
Weg: Platteland2 min read
Nou Ry Ons Plak-plak So!
’n Versameling kleurryke buffer-plakkers agterop ’n bakkie, woonwa of boswa is soos ’n padkaart van plekke waar iemand was en verraai dadelik jy is ’n ernstige reisiger. “Ek is mal daaoor: ’n ereteken-stelsel waarmee jy kan sien waar mense al was,” s
Weg: Platteland6 min read
Ons. Gaan Tuin Toe
Die wêreld is gaande oor Suid-Afrika se unieke fynbos: Net in Oktober 2023 is meer as 1000t – dit is 1 miljoen kilogram – van dié endemiese blomme uitgevoer. “Dit is die meeste fynbos wat Suid-Afrika nóg in een maand uitgevoer het,” sê Karien Bezuide

Related