Weg! Ry & Sleep

’n Klein juweel in die berge

Die Nooitgedacht Troutlodge lê in die berge van die Mount Andersonwateropvangsgebied, ’n private reservaat van 200 km2 wat in 1989 op die been gebring is.

Nooitgedacht se boskamp is een van die besbewaarde kampgeheime in die land. Buiten ’n Facebookblad is daar nie veel meer inligting op die internet te kry nie – selfs die lodge se webwerf maak nie melding van die kamp nie.

Van die afdraai af by die Finbury-padpredikant op die R36 (S25.034209 E30.481168) is dit 16 km grondpad (waarvan 10 km in die reservaat is) tot by Nooitgedacht. Jy maak die reservaat se hek (S25.052269 E30.524963) oop met die kode wat Arabel Hunter, Nooitgedacht se bestuurder, vir jou stuur.

Vir die volgende 10 km loop die pad oor heuwels en deur valleie tot by Nooitgedacht se hoofhek. Die pad is meestal enkelbaan met ’n paar steil bulte en talle blinde hoogtes en draaie. Daar is ook heelwat hobbels in die pad wat erosie keer,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep1 min read
Ysteratlete Sorg Vir Kinders
Die Ironman-uitdaging in samewerking met Isuzu Suid-Afrika het vanjaar R158 000 ingesamel vir hulle liefdadigheidsorganisasies, die Isuzu-stigting en Ironman 4 the Kidz. Vir hierdie uitdaging moet deelnemers 3,8 km swem, 180 km fietsry en ’n volle ma
Weg: Ry & Sleep11 min read
Haak, Oos-Vrystaat!
Om die een of ander duistere rede bestaan die persepsie dat die Vrystaat vaal, plat en vervelig is, maar dit is ’n wanindruk, een wat sommige Suid-Afrikaners die provinsie net in die verbyry laat ervaar. As jy byvoorbeeld ’n Gautenger is, ry jy waars

Related