BESKRYF STEFAN SE PERSOONLIKHEID
ie lewe is vir Stefan een groot avontuur. Hy is ’n bedrywige seuntjie wat op sy gelukkigste is agter ’n stuurwiel of in sy pa, Henno, se arms. Hy speel eerder buite as binne en gaan nêrens sonder sy hasie, Bollie, nie. Hy geniet pannekoek, melktert, sagte driehoekkasies, volroomjogurt en spookasem. Hierdie mamma het gehoop hy hou van honde, maar dis katte wat Stefan van