Kuier

PAARL SEMOOIE PÊRELS

As kinders het hulle vakansietye saam in die Paarl se Bergrivier baljaar en al het hul lewenspad sedertdien verskillende rigtings ingeslaan, is die Green-niggies nog netso geheg aan mekaar.

Vandag is elkeen suksesvol in eie reg. Een is ‘n mediese dokter en al as die mooiste vrou in die land aangewys, en die ander is ‘n talentvolle aktrise wat al in 7de Laan en Arendsvlei gesig gewys het.

Hul pa's is broers, maar die voormalige Mej. Suid-Afrika Tamaryn Green Nxumalo (29) en haar aktrise-niggie Beáta Bena Green (27) het meer soos susters grootgeraak en als saamgedoen. Met net ‘n twee jaar ouderdomsverkil tussen hulle, raak hul band van kindsbeen net ál sterker. En hulle trap diep spore in mekaar se lewe – letterlik.

“Toe ek vir Mej. Suid-Afrika ingeskryf het, het Beáta my aangemoedig,” sê Tamaryn. “En op die dag van die regionals het ek nie ‘n paar skoene gehad nie, en haar skoene geleen – en dit op die ou end regdeur die kompetisie gedra! Dit het ‘n belangrike rol in my reis na Mej. Suid-Afrika gespeel.”

Sy het 2018, haar kroningsjaar, gebruik om die stigma rondom tuberkulose (TB) met haar veldtog #BreakTheStigma te probeer breek. Tamaryn self het as derdejaar- mediese student TB opgedoen en wou mense wat deur dié siekte geraak word, verseker hulle hoef nie bang of alleen te voel nie.

Beáta, wat self al talle skoonheidskompetisies (soos Mej. SA Tiener in 2013) gewen het, se lewenspad het háár weer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
Vra Dr. Jolene
Wat's PMDD en PMS? Dok, ek het nog altyd met vreeslike mood swings rondom my period gesukkel, en by tye voel dit selfs soos depressie. Ek het onlangs gelees daar is iets soos premenstrual dysphoric disorder (PMDD). Wat is dit, en hoe verskil dit van
Kuier11 min read
Vaarwel Aan Die Vlei Se Mense
Die wel en weë van die leerders en onnies by die fiktiewe Hoërskool Arendsvlei op die Kaapse Vlakte hou ons sedert 1 Oktober 2018 vasgenael voor ons TV's. Daar was gekonkel, hope verraad, affairs en selfs ’n moord of twee (of drie) … En nou, ses seis
Kuier2 min read
Maak Só Opsommings
’n Opsomming is ’n kort weergawe van die belangrikste inligting uit ’n lang teks. Jy gebruik dit veral wanneer jy moet leer vir ’n vak wat baie inhoud bevat en jy net spesifieke feite wil onthou (funksionele opsomming). Op skool word daar ook van jou

Related