BREINSPELETJIES VIR SLIMKOPPE
Deur RONEL BARKHUYSEN
LAPA, R390*
Wat ’n wonderlike boksstel is Breinspeletjies vir slimkoppe nie! Jy kry 20 bord-en breinspeletjies wat kinders prikkel deur beweging, sowel as ’n handleiding met kort stories en aanwysings vir die bewegings.
Agterop die boek word geskryf dat hierdie speletjies die kind se aandagspan, analitiese denke, handskrif, fisieke balans, breinaktiwiteit, leer-én leesspoed sal verbeter. Dis gaaf om te weet, maar ek dink in die eerste en