Huisgenoot

SOET sjokolade

t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s

SJOKOLADE-VIERKANTE met GRONDBOONTJIES

GENOEG VIR 24 / BEREIDING: 30 MIN.

◗ 255 g wit malvalekkers
◗ 2,5 ml (½ t) vanieljepasta
◗ 20 g ongesoute botter
◗ 70 g gepofte rys
◗ 30 g fyn klapper
◗ 40 g glanskersies, gekap
◗ 30 g geroosterde grondboontjies, gekap
◗ 400 g melksjokoladesplinters van goeie gehalte
◗ versiersuiker, vir oorsif

Smeer ’n diep bakplaat van 27,5 x 17,5 cm en voer dit met bakpapier uit.

1 Plaas die malvalekkers, vanielje en botter in ’n kastrol en roer oor baie lae hitte tot gesmelt en glad.

2 Verwyder van die plaat en voeg die gepofte rys, klapper, kersies en grondboontjies by. Gebruik ’n slaplemmes om alles goed deur te meng.

3 Plaas die sjokolade in ’n mikrogolfbestande bak en smelt die sjokolade 30 sek. op ’n slag tot jy 50% stukke en 50% loperige sjokolade het. Voeg die sjokolademengsel by die malvalekkermengsel in die kastrol en meng goed deur.

4 Keer dadelik die mengsel in die voorbereide bakplaat uit en versprei dit eweredig. Plaas 15-20 min. in die yskas.

5 Haal die bakplaat uit die yskas en sny die sjokolade in vierkante van so 4 x 4 cm. Sif die versiersuiker oor net voor jy dit voorsit.

SJOKOLADEPEKANNEUT-MERINGUES

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Huisgenoot
REDAKSIE 021-406-4552 REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEURS Cyril Blackburn, Suzaan Hall EINDREDAKTEUR Hugo Loubser PRODUKSIEREDAKTEUR Marius Visser INHOUDSREDAKTEURS Deon Lamprecht, Johannes de Villiers, Susan Samuel TEKSREDAKTEURS Brenda Pienaar,
Huisgenoot5 min read
’n Beter Lewe Vir Elijah
DIE blondekoppie sit knus op sy ma se skoot, en Michanka van Zyl skep met ’n teelepel van die koffie uit haar koppie en voer dit vir klein Elijah. Die mannetjie drink gulsig aan die boeretroos. Hy is al een jaar oud, maar hy kan nie self ’n lepel na
Huisgenoot5 min read
Voor Jy Kan Sê Mes
MY MA. Dis waar ek leer vis vlek het. Ek was 14 toe my ma my saam gevat het hawe toe. Sy’t elke aand huis toe gekom en dan sien ons hoeveel geld sy het. “Hulle’t klomp geld, nè?” het ek en my broertjie altyd vir mekaar gesê. Ons wou ook daar werk. Ee

Related