Weg! Platteland

Soete verleiding

Brioche

Brioche is veelsydig en kan in enige vorm, grootte en geur gemaak word – van knoop- en hamburgerrolletjies tot brode – net so óf met ’n soet of sout vulsel (soos die pain perdu hiernaas).

Genoeg vir 6

Bereidingstyd 5½ uur plus yskastyd oornag

Baktyd 40-45 minute (lees ook die wenk)

JY BENODIG

3 eetlepels (45 ml) warm melk
1 pakkie (10 g) droë kitsgis
250 g koekmeel
25 g strooisuiker
½ teelepel (2,5 ml) sout
3 eiers
1 teelepel (5 ml) vanieljegeursel
150 g ongesoute botter, in blokkies gesny en saggemaak
1 eier, geklits (vir die eierwas)
suikerkristalle om oor te sprinkel

SÓ MAAK JY

Meng die melk en kitsgis in ’n bakkie en laat dit eenkant staan. Gooi nou die meel, strooisuiker en sout in die bak van ’n staanmenger. Gebruik die spaanklitser en meng alles teen ’n gemiddelde spoed. Voeg die eiers, vanielje en melk-en-gismengsel by.

Sodra die deeg begin bymekaarkom, vervang die spaan met die deeghaak. Voeg nou die botter bietjies-bietjies by terwyl die masjien loop. Verhoog die spoed en hou aan om die mengsel te knie tot ’n sagte, blink deeg vorm wat nie meer aan die kant van die bak vasklou nie – dit sal so 10 minute neem. Sit kleefplastiek oor en laat die deeg vir 1 uur in die yskas rus.

Haal die deeg uit die yskas en knie dit weer om van die gas ontslae te raak wat met die rysproses opgebou het. Sit dit vir nog 2 uur in die yskas.

Knie die deeg weer af en laat dit dan oornag in die yskas staan.

Spuit die volgende dag kleefwerende kossproei in ’n briochepan. Knie die deeg weer af voor jy dit in die bereide pan sit en vir 1½ uur laat uitrys. Sodra die deeg in volume verdubbel het, kan jy die oond verhit tot 180 ºC (met die waaierfunksie).

Verf die deeg met die eierwas en sprinkel die suikerkristalle oor. Sit die briochepan in die oond en bak dit vir 40-45

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Kom Ons Gaan Kyk… En Leer
Min of meer reg in die middel van die land, daar waar die Oranjerivier breed en gespierd deur die dorre Noord-Kaapse Karoo sny, lê ’n dorp met ’n eienaardige lot: Die meeste Suid-Afrikaners was óf nog nie daar nie óf stel nie in die minste belang om
Weg: Platteland2 min read
Nou Ry Ons Plak-plak So!
’n Versameling kleurryke buffer-plakkers agterop ’n bakkie, woonwa of boswa is soos ’n padkaart van plekke waar iemand was en verraai dadelik jy is ’n ernstige reisiger. “Ek is mal daaoor: ’n ereteken-stelsel waarmee jy kan sien waar mense al was,” s
Weg: Platteland6 min read
Ons. Gaan Tuin Toe
Die wêreld is gaande oor Suid-Afrika se unieke fynbos: Net in Oktober 2023 is meer as 1000t – dit is 1 miljoen kilogram – van dié endemiese blomme uitgevoer. “Dit is die meeste fynbos wat Suid-Afrika nóg in een maand uitgevoer het,” sê Karien Bezuide

Related