Weg!

SOETE VERLEIDING

Oliebol-tiramisukoekstruif

Vir 10 Voorbereityd 20 minute Gaarmaaktyd 20 minute plus afkoeltyd

Jou kinders gaan hierdie koekstruif vir ewig onthou. Dit is belangrik om baie sterk koffie van ’n goeie gehalte (varsgemaakte espresso is selfs beter) te gebruik om die soet te balanseer.

Jy benodig

 500 g mascarpone
 ¾ koppie strooisuiker
 ¼ koppie Kahlúa-likeur
 2 eetlepels vanieljegeursel
 1 koppie room
 10-12 onversierde oliebolle
 1½ koppie baie sterk moerkoffie, afgekoel

VIR DIE KOFFIESTROOP

 ¼ koppie moerkoffie
 ¼ koppie strooisuiker

Só maak jy

1 Klits die mascarpone, ½ koppie van die strooisuiker, likeur en vanielje tot romerig en dik sonder enige klonte.

2 Klits die room in ’n aparte bak totdat sagte punte vorm, en meng die oorblywende ¼ koppie strooisuiker daarby.

3 Sny die oliebolle horisontaal in die helfte, doop die stukke een vir een in die koffie en pak dit in ’n enkellaag in ’n diep glasbak. Skep 1/3 van die mascarponemengsel bo-op. Herhaal dan die lae totdat al die bestanddele opgebruik is. Eindig met ’n laag van die room. Bedek die glasbak met kleefplastiek en plaas in die yskas vir 4 uur – oornag is selfs beter.

4 Maak die koffiestroop deur die moerkoffie en suiker in ’n potjie te verhit totdat die suiker gesmelt het. Kook dit dan tot dik en stroperig en laat dit in die yskas afkoel.

5 Skink die koue koffiestroop bo-oor die koekstruif en versier dit met

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg3 min read
Stap Teen Jou Eie Pas
Laat in Maartmaand was Jasmin Paris se foto oral in die media. Die een waar sy sommer met haar rugsak nog vasgegord inmekaargesak het. Haar bene is die ene skrape en modder, haar hare hang in sweterige slierte om haar gesig en dié spreek van ’n uitpu
Weg5 min read
Só Vis ’n mens
Wat doen julle wanneer julle nie skryf nie? Henk: Ek is al vir meer as 20 jaar ’n stapen fietstoergids en bevoorreg genoeg om toere na vele verre plekke te lei – deur Afrika, Europa, die Amerikas en die Middeen Verre-Ooste. Ek stap al van kindsbeen a
Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke

Related