Huisgenoot

10 KOEK-RESEPTE

Ek is nie gek oor ryk, romerige koeke nie, maar vir kaaskoek en geurige groentekoeke sê ek nooit nee dankie nie. Ek het heelwat geëksperimenteer om hulle gesonder te maak deur minder suiker en smeer te gebruik. My gunstelinge is vinnige mengkoeke wat gerus oordadig versier kan word. Vars blomme en kruie lyk ook pragtig boop.

1. BAKLAVAKAASKOEK

LEWER 1 MIDDELSLAG-KOEK

BEREIDING: 20 MINUTE

BAKTYD: 1¾ UUR

ROOSTERTYD: 2-3 MINUTE

KORS

◆ 10 velle filodeeg
◆ 125 ml (½ k) botter, gesmelt

VULSEL

◆ 1 x basiese kaaskoekvulsel (resep op bladsy 90 by karamelkaaskoek); gebruik 125 ml (½ k) suiker

BOLAAG

◆ 180 ml (¾ k) suiker
◆ 250 ml (1 k) water
◆ 1 kaneelstokkie
◆ fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
◆ 200 g pekanneute
◆ fyn kaneel vir oorstuif
◆ romerige jogurt vir voorsit

Voorverhit die oond tot 110 °C. Smeer ’n 23 cmlosboomkoekpan.

1 Kors Smeer 8 van die filodeegvelle met die botter en stapel losweg op mekaar sodat die punte uitstaan. Plaas in die voorbereide pan.
2 Vulsel Klits al die vulselbestanddele saam en skep op die filodeeg. Smeer die res van die filodeeg met die botter, stapel op mekaar en pak op die vulsel. Bak 1½ uur, skakel die oond af en laat in die oond afkoel. Kook die suiker, water, kaneel en suurlemoenskil sowat 7 minute saam tot stroperig. Voeg die pekanneute by. Skep oor die afgekoelde koek. Skakel die roosterelement aan en plaas die koek in die oond. Rooster tot die neute effens verbruin. Stuif die fyn kaneel oor. Sit voor saam met die jogurt.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Regte ‘Chemistry’ Én Op TV
Dié twee ken mekaar al dekades lank, tog was dit eers onlangs dat VINETTE EBRAHIM en CEDWYN JOEL sáám op stel beland het – en toe nie net vir een reeks nie, maar sommer twee. In die Showmax-dramareeks Koek speel Vinette en Cedwyn ’n ougetroude paartj
Huisgenoot2 min read
Die Aarde Se ‘Tweede Maan’
DAAR word al baie jare bespiegel dat die Aarde dalk meer as een maan het. Verskeie van die natuurlike satelliete wat naby die Aarde se wentelbaan voorkom, is al voorgestel as moontlike mane, maar nie een is al bevestig nie. Een van die moontlikhede,
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related