EEN tree was al wat dit geverg het om haar seun se lewe vir altyd te verander.
In die lang dae langs sy hospitaalbed wou Bronwyn Royce net huil.
“Daai beeld sal my altyd bybly. My kind wat daar onder die komberse in die hospitaal lê, en daar waar sy bene moet wees, is niks.”
Maar sy moes sterk wees vir Cayle en hom oortuig dat hy nog ’n vol lewe kon lei, dat hy nie op die ouderdom van 26 kon tou opgooi nie.
Dis nou al ’n dekade sedert Cayle, ’n gebore Kapenaar, se bene deur ’n tuisgemaakte ploftoestel in Afghanistan afgeruk is, maar met die