Byna drie jaar gelede het ek en my lewensmaat midde die Covid-19-inperking van Seepunt in Kaapstad na Vishoek verhuis. Die toekoms was duister en ek was moeg daarvan om in die stad soos Raponsie in ’n woonsteltoring vasgekeer te leef. Met huispryse wat laer was verder suid op die Skiereiland, kon ons nie anders as om ’n huis (mét ’n tuin!) op te raap nie.
Kommetjieweg verdeel Vishoek in twee duidelike dele: die suidelike bergdeel genaamd