"Dis f— . . . um, niks . . . dis festive! Die dae van eindelose partytjies, braaivleis, kuier met familie en vriende en niksdoen is hier! Die tye waar ’n partytjie wat die een middag begin, eers die volgende dag eindig. Waar tyd net ’n ligte riglyn is, maar niemand daarop ag slaan nie.
Hierdie festive wil ek níks doen wat aan ’n sekere tyd gekoppel is nie. Ek wil gaan lê wanneer ek wil en opstaan wanneer ek wil. Ek wil nie verplig wees om