IN DIE NUUS
Amper ‘n jaar het al verloop sedert daai noodlottige aand op 16 Desember laas jaar, toe sy by ‘n robot deur drie mans in haar kar oorval is. Die gru-gebeure daarna het haar hele lewe ontspoor …
Danneline Daniels-Dahl (37) was op pad van Nyanga in die Kaap, waar sy iets moes optel, na haar huis in Ravensmead, toe “die oomblik van hel” aanbreek. “Ek was op die hoek van 39th Avenue en Bishop Lavis Drive. By ’n robot het iemand ’n baksteen teen my windscreen gegooi, wat my laat stop het. Die oomblik toe ek stop, was daar drie mans. Twee