Kuier

GEDULD-NEEFS ‘MAAK MOOI’

Vir die eerste tien jaar van hul lewe was die Geduld-nefies en hul broers hand om die blaas. So saam-saam het hulle kattekwaad aangevang en touch rugby in die strate van hul komvandaan, Ravensmead en Belhar, gespeel. En, ja, soms is hulle ook sommer so saamsaam oor die kole gehaal. Maar hoe dan nou anders?

Die akteur Jarrid (33) en sy rugbysterneef, Justin (30), grinnik soos twee stout laaities, want vandag is dit soos manna vir hulle siel om weer na te dink oor dáái jare. Hul pa's, Donovan en Garrit, is immers broers, en die Gedulds was nog altyd familievaste mense wat meeste naweke saamgekuier het. Vandag nog.

Kuier se voorbladsessie is vir hulle ekstra spesiaal – eintlik is dit full circle, sê Jarrid. “Dis die heel eerste keer dat ons as volwassenes saam iets doen. En dít nogal vir ’n cover van ’n tydskrif!”

Wel, dis met goeie rede dat die neefs saam op ons voorblad pronk: Op 30 September het Jarrid sy 20ste jaar in die vermaakbedryf gevier.

Terselfdertyd het hy, alombekend as Arendsvlei se moeilikheidmaker, Gavin “Bompie” Galant, ook sommer geskiedenis gemaak. Want op daai selfde aand het Jarrid ook sy tweede Safta-toekenning opgeraap, as beste akteur in ’n fliek vir sy spel in Indemnity. Hy's die enigste akteur nóg wat dié horing-beeldjie twee keer vir beste akteur in ‘n vollengte fliek kon inpalm.

Justin se prestasie op die rugbyveld het weer almal aan die gons – 113 drieë in 270 wedstryde is sekerlik nie te versmaai nie. En, opvir dié span uitdraf – in rugbykringe bekend as ’n “veteraanspeler”.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Kuier
REDAKTEUR Lara Atson KUNSREDAKTEUR Selina Petersen ARTIKELREDAKTEUR Edna Ellman SUBREDAKTEUR Michelle Linnert Jansen TV-SKEDULES Kashief Achmat INTERN Mary Martin MEDEWERKERS Zaida Swart, Haidee Muller-Isaacs, Maretha Botes, Enrico Claassen, Chrislyn
Kuier3 min read
Vra Dr. Jolene
Wat's PMDD en PMS? Dok, ek het nog altyd met vreeslike mood swings rondom my period gesukkel, en by tye voel dit selfs soos depressie. Ek het onlangs gelees daar is iets soos premenstrual dysphoric disorder (PMDD). Wat is dit, en hoe verskil dit van
Kuier1 min read
Arendsvlei Toets Jou Kennis
1 In watter jaar het die sepie sy debuut gemaak? 2 Janice is nou die eienaar van Mortlocks, maar aan wie het dit eers behoort? 3 Wie is die pa van Wendy se dogter, Debra? 4 Watter Galant woeker ook agter die skerms as regisseur? 5 Watter veteraanaktr

Related