SARIE KOS

Bykosse met net 7 BESTANDDELE

LEES MEER OOR

• Vinnige bykosse wat min moeite vra
• Voorstelle vir hoofgeregte by elke bykos
• Kook indrukwekkend met alledaagse bestanddele soos blomkool, oorskietbrood en bone

KOESKOES-EN-BOTTERSKORSIESLAAI

Niks nuuts aan die resep nie, maar hy werk elke keer.

genoeg vir 4-6

1. 500 g-sak botterskorsieblokkies
2. 60 ml heuning
3. 5 ml fyn kaneel
4. 500 ml koeskoes
5. 500 ml kokende hoenderaftreksel
6. sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
7. 50 g pekanneute, fyngekap

+ olyfolie vir sprinkel, sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Plaas botterskorsieblokkies op oondroosterplaat en sprinkel heuning, kaneel en skeut olyfolie oor. Geur goed met sout en peper. Oondbraai vir 20-25 minute of tot botterskorsie sag en gaar is. Plaas koeskoes in glasbak en gooi kokende aftreksel oor. Maak bak toe met bord wat onderstebo gedraai is. Laat staan vir 10 minute of tot koeskoes vloeistof geabsorbeer het. Roer met vurk tot korrels los is. Voeg neute, suurlemoensap en -skil by. Voeg gaar botterskorsieblokkies by. Geur met sout

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS8 min read
• HERMAN PROE THAISE PERFEKSIE • KOSTEATER VAN STORIES EN SMAKE WÊRELDKLAS in Bangkok
’nKoservaring in Thailand is vinnig besig om die gewildheidsleer te klim op die fynproewerstoneel. Vir lank het die wêreld Frankryk as die geboorteplek van goeie kos beskou, wat natuurlik waar is, maar nou draai ons ons oë ook na die Ooste. Dalk is d
SARIE KOS1 min read
Sarie Kos
REDAKSIONELE SPANREDAKTEUR Michélle van BredaKOSREDAKTEUR Herman Lensingherman.lensing@sarie.comSKRYWER Lydia van der MerweSKRYWER Marzanne Schoeman 060 904 5090ONTWERPDIREKTEUR Anel StapelbergTEKSREDAKTEURS Natasja Lochner & Anine CapraroREPRODUKSIE
SARIE KOS5 min read
KOOKKLAS: Pasta Vir Die Wen
● Maak jou eie pastadeeg● Ravioli vir ’n uithang-okkasie● Boerewors-bolognese Sorg dat jou pot groot genoeg is en ook genoeg water bevat om die pasta te kook. Jy het vier dele water teenoor een deel pasta nodig, dan beweeg die pasta makliker in die

Related