Huisgenoot

TOE VIND EK JOU

DIT was liefde met die eerste oogopslag.

Toe Bennie en Mila Fourie die eerste keer hier instap, was dit soos om af te kom op ’n oase. En toe hulle ’n uur of wat later weer by die huis met sy “Te koop”-bordjie uitstap, het hulle geweet: Dís die een.

“Ja, maar hulle was ook slim,” sê Bennie oor die verkopers. “Hulle het die regte musiek gespeel, die kaggeltjie was aan. Ons het so lank hier rondgehang, ons het later besef ons moet seker gaan. Ons het hier uitgestap en niks gesê nie.”

“Toe ons in die kar klim, was dit net stilte,” las Mila by.

Dít, het hulle sommer weer besef, is hoe dit voel as jy die regte een vind.

Jy wéét net.

Dit was Maart toe hulle die aanbod op hul eerste huis gemaak het. In April is hulle getroud. En nou, hier vroeg in September, kon hulle eindelik intrek in hul eerste, eie huis hier in die skadu van Tafelberg.

“Daar het baie dinge baie vinnig gebeur,” sê Bennie (35). “Ons het verloof geraak, toe getrou en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot2 min read
Ziza En Nickey Jacobs
EK HET my pa in 2004 in ’n ongeluk verloor. Hy het van Victoria-Wes Kaap toe gegaan om werk te gaan soek, en hy sou weer in Desember daai jaar terugkom, maar hy’s in November in die ongeluk dood. So toe is die broodwinner weggevat. Dinge was donker.
Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Marinda Engelbrecht praat oor haar vriendskap met Peter Veldsman, die befaamde sjef, kosredakteur en kookboekskrywer wat op 82 oorlede is Hy was ’n ware kosikoon, so innoverend en wêreldwyd gerespekteer. Saluut! My deeglik gebruikte versameling harde

Related Books & Audiobooks