Huisgenoot

Groen en GOUD

t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s

MURGPAMPOENTJIEFILOTERT met BASILIE

LEWER 1 GROOT TERT / BEREIDING: 20 MIN. / GAARMAAK: 20 MIN.

Net die kors van hierdie tert word vinnig gebak. Die vulsel word gebraai en net ingeskep.

◗ 5 velle filodeeg, elk met kossproei bespuit of met gesmelte botter gesmeer olie vir braai
◗ 2 rooi-uie, in ringe gesny
◗ ’n knippie suiker
◗ ’n skeut balsemieke asyn
◗ 230 g geroomde maaskaas
◗ 125 g babatamaties, veral groenes, gehalveer
◗ 500 g murgpampoentjies, in skyfies gesny
◗ 45-60 ml (3-4 e) basiliepesto (sien resep)
◗ sout en peper, na smaak
◗ 10 swart of groen olywe, in stukke gesny
◗ 1 wiel fetakaas
◗ ’n paar basilieblaartjies vir afronding

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n tertpannetjie met kossproei. Voer ’n bakplaat met foelie uit en bespuit goed met kossproei.

1 Pak die filodeegvelle op mekaar in die bereide tertpannetjie. Frummel die oorhange op om ’n soort tertkorsrand te maak al om die kante. Bak 15 min. of tot goudbruin. Verwyder uit die oond.

2 Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en roerbraai die uie daarin tot lekker sag. Sprinkel die suiker en balsemieke asyn oor en roer deur.

Meng die gebraaide uie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Hy gaan op 72 deur ’n rowwe tyd weens rugbeserings, sê Leon Schuster. Maar hy maak grappies deur die pyn – en hy gáán nog sy droomfliek maak My prins, ek love jou en bid vir jou. Wees sterk my ou en beweeg, staan op, beweeg. My liewe grapjas, hou net
Huisgenoot6 min read
Tuindoepa
ALLES is in skakerings van groen. Swartgroen struike groei welig in die skadu van die fluoressente geelgroen koorsboom. ’n Groepie unieke blougroen broodbome word deur olyfgroen siergras omsoom. Eenkant groei die skoonma-se-tong. Geharde blaartonge k
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related