30 BESTE BOKKE
Saamgestel deur DAWIE BOONZAAIER
Tafelberg, R275*
Ek is dankbaar dit was nie my werk om die 30 beste Bokke van alle tye te kies nie! En dan is hulle in dié boek nogal van nommer een tot 30 ingedeel.
Die joernalis en samesteller, Dawie Boonzaaier, verduidelik in sy inleiding waarom dit ’n byna onbegonne taak is, want hoe vergelyk jy byvoorbeeld verskillende eras, style, taktieke en reëls met mekaar?
En “bruin koevertjies ná wedstryde met ’n paar honderd rand, teenoor multimiljoenrandkontrakte”.
Die reusetaak is toegesê aan ’n groot paneel van