OP DIE oog af lyk dit meer soos ’n skrynwerker se ateljee as ’n kombuis. Maar die saag, plastiekskêr, tang en ander gereedskap wat op die toonbank rondlê, is nie daar om ’n projek van hout aanmekaar te sit nie. Dis daar sodat Tshepiso Nyakane die laaste afrondingswerk aan een van haar koeke kan doen.
Van ’n Ferrari tot kitare