Tuis

Kunsies OOR DIE KOLE

Lamstjops met kruiesalsa

My gesin se gunsteling-braaivleis is ’n een-haplamsribtjoppie. Hierdie “tomahawk”-tjops is effens langer met ’n bietjie minder vet, en as jy meer as een vleissoort braai, kan jy wegkom met een per persoon pleks van twee of drie. Die kruiesalsa is ook lekker saam met hoender en bees.

Genoeg vir 8 • Voorbereiding: 30 minute Gaarmaaktyd: 10 minute

• 8 tomahawk-lamstjops
• 15 ml bruinasyn
• 10 ml koljandersaad, gestamp
• 2,5 ml witpeper
• ’n ruim knypie Maldonsout

KRUIESALSA

• ½ rooi ui
• 60 ml mentblaartjies
• 60 ml pietersielie
• 60 ml dille of vinkelblaartjies
• 1 knoffelhuisie
• 15 ml rooiwynasyn
• 15 ml olyfolie

1 Sprinkel die asyn oor die vleis en vryf oraloor met die speserye en sout. Laat die vleis in die braaibak staan om te marineer terwyl jy die vuur aansteek en die kruiesalsa maak.

2 Kap die ui, kruie en knoffel baie fyn met ’n skerp mes en meng dan met die asyn en olyfolie, of gebruik jou staafmenger om alles saam fyn te maak as jy hou van ’n gladder kruiesous. Proe, en geur na smaak met sout en peper. (Ek voeg ’n groot rooi jalapeño-rissie by die sousie vir ’n bietjie byt.) Skep in ’n bakkie en hou eenkant. My tuin is vol vinkel, pietersielie en ment, maar jy kan ook speel met vars koljander en basilie as jy verkies. Die ment se geur werk goed saam met al hierdie sagte kruie.

Braai nou

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis2 min read
Uitblinkers!
Kindervriendelik hoef nie kinderlik te wees nie. In dié kinderkamer skep ’n eenvoudige dog stylvolle slaapplek wat aan ’n dagbed herinner, tesame met ’n boheemse palet van pastelpienk en goud, ’n tydlose voorkoms – wat beteken die dekor hoef nie vir
Tuis2 min read
SKRYF IN & WEN!
Laat dít jou mantra wees wanneer jy weer ’n huisverbetering beplan. Dit maak mos sin om enige opknap aan te pak met die oog op die toekoms, en watersekerheid bo-aan jou lys. JoJo, die hoofborg van ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie, is Suid-Af
Tuis3 min read
Wat’s Nuut
Stoel met blommateriaal R4 200, mrphome.com Hoi P’loy het vroeër vanjaar by die Cape Town Furniture Week ’n opskudding veroorsaak met hul moderne Rise-and-Fallhanglig. Tans word dit nog net op bestelling gemaak – ons gaan hoiploy.com goed dophou vir

Related