Landbouweekblad

Briewe

TLU SA: Ope brief aan pres. Ramaphosa

Mnr. President, Ons het met ongeloof kennis geneem van die opmerkings wat u gemaak het tydens die slotopmerkings op die 26ste nasionale konferensie van die ANC-jeugliga op 2 Julie 2023, waarin u jong Suid-Afrikaners aangespoor het om militante revolusionêre te word.

Dit het ons ’n ruk gekos om op ’n beskaafde reaksie te besluit. Vir ons, ons lede en ondersteuners, en die meeste Suid-Afrikaners, is so ’n verklaring absoluut onverantwoordelik. As die president van ’n land behoort u beter te weet as om geweld aan te moedig vanaf ’n openbare verhoog. Maar aangesien u die opmerkings gemaak het, verstaan u klaarblyklik nie waarom dit as opruiend beskou word nie.

TLU SA verteenwoordig kommersiële boere in Suid-Afrika. Ons lede is kwesbaar vir gewelddadige aanvalle deur misdadigers op hul plase en in hul huise. Misdaad is inderdaad buite beheer – ’n groot klad op u regering se doeltreffendheid. Dit is reg oor die land só, maar die aanvalle op boere is dikwels gewelddadiger en sinloos. Boere, hul gesinne en werkers wat aanvalle oorleef het, meld aan dat aanvalle toeneem nadat politieke leiers opruiende stellings gemaak het. Hierdie aanvalle is dikwels nie daarop gerig om besittings, geld of plaastoerusting te steel nie, maar met die hoofdoel om te beseer en/of dood te maak. Hulle wil óf wraak neem óf ’n vyand uitskakel.

Boere is egter nie die vyand nie. U

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related