Huisgenoot

MY VOLTYDSE SOEKE NA EWIGE JEUG

DAAR is iets anderwêrelds aan Bryan Johnson. Sy vel is stralend en ferm; sy oë onnatuurlik helder terwyl hy stip na my staar.

Ek soek na ’n rimpel, vlek of gebrek – maar daar is nie een nie. Merkwaardig genoeg is sy ongewone volmaaktheid nie te danke aan botoks, vullers of ’n chirurg se mes nie.

Op 45 bestee Bryan, ’n tegnologiemagnaat wat sy aanlyn betalingsonderneming, Braintree Venmo, byna ’n dekade gelede vir $800 miljoen (toe R8,8 miljard) aan PayPal verkoop het, ’n verstommende $2 miljoen (R36 miljoen) per jaar aan sy strewe na ewige jeug.

Met Project Blueprint, soos dit gedoop is, het Bryan ’n span van meer as 30 dokters wat gereeld sy bloed, hart, lewer, niere, brein, bloedvate en seksuele gesondheid dophou.

Hy drink 80 vitamiene en minerale per dag, eet 31 kg se fyngemaakte groente per maand en gaan slaap elke aand presies om halfnege. Hy het al meer as 33 000 beelde (sonars, skanderings en X-strale) van die binnekant van sy ingewande geneem.

Bryan se doelwit is om biologies weer 18 te word. Hy beperk homself tot 8 300 kilojoules per dag, insluitend amandelmelk, okkerneute, vlassaad en bessies, en oefen minstens ’n uur per dag.

Twee jaar sedert hy sy eksperiment begin het om nooit oud te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related