SARIE

DIE BEKORING VAN bye

MENSE IS GEFASSINEER DEUR BYE

Ilse Fourie van Jus Liè Collection

Toe ’n swerm bye hulle in April 2020 tydens die grendeltyd reg by die voordeur van haar huis in Polokwane kom tuismaak, het Ilse Fourie nooit kon dink dat hulle ’n besonderse rol in haar besigheid sou speel nie.

Ilse, wat voltyds argitek is maar saans dikwels tot laataand sit en illustreer vir haar “tweede” besigheid, Jus Liè Collection, was juis aan’t teken toe sy ’n gezoem op die stoep hoor. Tien dae lank het die bye daar gewoeker . . . totdat sy een skemeraand skielik besef het dis tjoepstil.

“Hulle was weg, maar het vir my die mooiste geskenkie agtergelaat – ’n volmaakte liggeel heuningkoek. Ek was so geïnspireer dat ek die aand ’n bytjie begin teken het.”

Ilse het dié illustrasie (sy gebruik die pointillisme-tegniek, ’n kombinasie van ink en kolletjies) op egte linne laat druk en was verstom deur die reaksie van haar Instagram-volgelinge. Dis nou al drie jaar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE4 min read
Mila Guy ‘Ek Kies SA, Elke Dag’
Hoe voel jy oor jou 30’s? ’n Mens voel so bietjie weird daaroor. Ek meen jy weet jy gaan dertig word, maar jy dink nooit verder oor jou lewe ín die dertigs nie. Wat is 32? Wat moes ek al bereik het? Maar met jou dertigs voel jy ook jy kan “nee” sê. A
SARIE6 min read
BESTE MOOILYK geheime
AKTRISE EN STER VAN ALLES MALAN Wanneer die lewe handuit ruk, glo ek daarin om op klein maniere balans te handhaaf. As dit ’n besige tyd is wanneer gesondheid die laaste ding is wat prioriteit kry, probeer ek om ten minste by een goeie gewoonte in di
SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer

Related