Landbouweekblad

Bewaker van die bye

Die aand toe Natasha Lyon die stuk heuningkoek wat uit hul besproeiingsboks gekom het teen haar kombuislig hou, en haar vergaap aan die spierwit, volmaakte seshoekige selle, het haar lewe die rigting ingeslaan waarvoor sy altyd bestem was.

“Ek kon nie glo hoe lig dit was en dat dit sulke swaar heuning hou nie. Bowenal kon ek nie verstaan hoe op aarde die bye dit regkry nie. Ek móés net weet hoe hulle dit bou.”

Hoe meer sy gelees het, hoe meer wou sy weet.

“Op ’n manier is dit arrogant om dit te sê, maar ek glo dis hoe die bytjies werk. Hulle kies jou. En hulle het my gevind,” vertel die donkerkopvrou wat die “Louis Vuitton van heunings” bemark onder die Lyon Raw-handelsmerk. Verskeie kere in die onderhoud skerm sy dat dit nie oor haar gaan nie, maar oor die bye.

“Ek werk nie vir Lyon Raw nie. Dit is eerder ’n geval van die bye wat vir my die rigting aandui. Ek moet hul heilige

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related Books & Audiobooks