Weg!

Waar woonplek en wildernis ontmoet...

Europese swaels stip die blou lugruim soos flentertjies roet. Terwyl jy nader aan die waterrand stap, begin rooipootelsies en bontkiewiete protes aanteken. Kemphane en groenpootruiters vlie’ op. Die sterretjies, reiers en duikers wat op eilandjies dieper in die water sit, is min gepla. In die somer wemel die vleiland in die Rooisandnatuurreservaat net buite Kleinmond behoorlik van die voëls!

En asof dit nie reeds genoeg van ’n ekstravaganza is nie, wei hier ook ’n paar wilde perde tussen die biesies en fynbos. Waar anders kan jy laatmiddag ná werk gou uitry na ’n vleiland omring deur berge met ’n swetterjoel voëls én wilde perde?

Ja-nee, die Kogelberg-biosfeerreservaat, waarvan Rooisand deel uitmaak, is een van die mooiste, wildste plekke in Suid-Afrika: Berge, see, strome, watervalle, fynbos, veldblomme...

Die biosfeerreservaat (sien kaart op bl. 50-51), wat rofweg tussen Gordonsbaai, Grabouw en Kleinmond lê, is 25 jaar gelede deur Unesco se Mens-en-biosfeerprogram verklaar, en ook as ’n wêrelderfenisgebied. Die aarde word verdeel in ses blomkoninkryke waarvan die Kaapse blommeryk, wat strek van Clanwilliam tot Gqeberha, die kleinste is. Tog is dit een van die mees biodiverse plekke op die aardbol, met rofweg 9 000 spesies in net sowat 90 000 km² waarvan 70% endemies is.

Die Kogelberg word beskou as die hart van die Kaapse blommeryk, want hier groei 1 800 spesies waarvan 150 net in dié reservaat voorkom!

’n Mens sou dink dat só ’n unieke wildernisgebied ver en woes geleë sal wees. Iewers aan die einde van ’n onbegaanbare tweespoorpad waar min mense kan uitkom... Maar die Kogelbergnatuurreservaat se ontvangskantoor is 6,5 km van die kusdorpie Kleinmond af – en net sowat 100 km se mooi teerpad van Kaapstad af.

Die biosfeerreservaat sluit verskeie kleiner reservate in wat tot reg teen die betrokke kusdorpies se woonerwe loop. So grens die Kleinmond-natuurreservaat aan die gholfbaan. Die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related